viernes, 5 de febrero de 2016

RUDOLPH WILLEMSE [18.067]


Rudolph Willemse

(Ciudad del Cabo, 1958)



Vlieër
vir jou
gee ek die tou
om die suiderkruis mee vas

te hou




Barrilete
te doy
el cabo de la soga
para que sostengas la cruz

del sur




Laat berig

Laat berig
ek is Totius Breytenbach

spyker my
teen ‘n wilger vas
ek is ‘n gevaar
vir die heidendom

bewaar my
van duister drang
moederskap
-gedigte

bevry my
van sobotasieverse
dinamietkerse
tronkselle

hou my
(gedigte)
van die ashoop
af

koerante brand maklik

(terug)

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Rudolph Willemse hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy.











.

No hay comentarios:

Publicar un comentario